Explanation of poem 1
Hey guys. A lot of you mailed me saying you do not understand the meaning of poem one. I am quickly going to explain it as I know it is a difficult poem.
Die dood: Hy is in jou…
1. Vanaf fetus tot mondigwording
2. waar hy dan met elke hartklop
3. globulolisie onophoudend aanwakker.
4. Jou preutsheid en pretensie maak
5. dat jy as volwasse swakkeling
6. die lewe infinitesimaal waardeer
7. gevolglik beproef jy [aardse genot] >>>>sinoniem vir dwelms.
8. tot die sekel om jou trek:
9. Die dood vanaf murg en been
10. jou treiter met suurstofmaskers;
11. Jou liggaam keer terug na stof
12. en nou dat lewe jou verlaat
13. bly jy klou aan aardse omdat
14. waardering vir die hede met die laaste asem nooit kom.
Ok, here goes…
Die funksionaliteit van die titel: Dit sê waaroor die gedig gaan. Dit word baie persoonlik, omdat die dood reeds vanaf geboorte in jou is en jy dit nie sal kan ontwyk nie.
r1. Vanaf die begin van jou bestaan (fetus) tot omtrent 21 jaar (mondigwording) is jy as persoon besig om te ontwikkel en te groei.
r2.-r3. Dan, na die ouderdom van 21, begin die afsterwingsproses. Met elke hartklop en dus ook elke sekonde is selle besig om dood te gaan en die liggaam herstel nie die selle meer vinnig genoeg om die proses van ‘dood gaan’ te ontwyk nie. Globulolisie is die voordurende afsterwing van selle in die menslike liggaam.
r4.-r6 Nou dat jy groot en volwasse is (na die ouderdom van 21) is jy maar steeds net mens. Dis die kwessie van “All life is a stage” en dat almal gedurig ‘n gesiggie voorhou (pretensie). Dit is nie te sê dat as jy volwasse is, jy sterk is nie. Daar is soveel volwassenes wat met dwelms eksperimenteer (swakkeling). Sodoende waardeer jy die lewe in ‘n klein hoeveelheid of baie min (infinitesimaal).
r7.-r8 Nou omdat jy as volwasse ‘n swakkeling is, beproef jy die lewe en die genot wat dit bied soos byvoorbeeld dwelms. Jy kan wel baie kere weg kom met dit, maar een of ander tyd gaan iets verkeerd loop en jy gaan te ver gaan. ‘n Verduidelikking volg wat dat gebeur…
r9.-r10 Die dood is oral in jou lewe. Selfs so diep as jou murg en been. Omdat jy nou te ver gegaan het, kom die dood gouer as wat normaal is. Jy eindig dalk in hospitaal en jou lewe is afhanklik van masjiene om die dood weg te hou.
r11. Dit is die onvermeidelikke. Die sirkel word voltooi en jy sterf.
r12.-r13. Nou dat jy besig is om te sterwe, probeer jy baklei om te bly lewe. Jy het nooit die beste van jou lewe gemaak nie en nou omdat jy dood gaan het jy nie die lewe geleef wat jy moes nie. Daarom probeer jy ‘n tweede kans kry om net iets anders dalk te doen.
r14. Soos reeds gesê: Jy het die lewe wat jy gehad het nie waardeer nie. Jy het alles as vanselfsprekend gevat, maar as jy agterkom jy het iets verloor wil jy dit terug hê.
Die oktaaf, dui op die feit dat mense baie keer net lewe omdat dit nog ‘n dag is.
Die sestet, is ‘n verduideliking wat gebeur met die wat die lewe nie waardeer nie, maar gewoonlik is dit dan te laat. Kwessie van “Jy waardeer eers iemand/iets nadat jy dit verloor het, maar dan is dit te laat. Jy weet nie wat jy het totdat jy dit verloor nie.”
Sjo! Hope everyone understood that! Now you may think I am a psycho, but hey. You can’t argue: This is reality!
Until next time, be good and please look after yourself!