Monday, March 12, 2007

Just another Poem

Ons (09/02/2007)
Vir Jou

Ek dag maar ek sou skryf
nie om gebroke dinge in te vryf.
Ek glo jy is ook ‘n mens
en altyd, daagliks is my wens:

Om weer by parade te ontmoet:
‘n skame glimlag in jou groet.
Die skaam-wees was net toe ‘n knou:
Dit was toe die skaamheid eintlik vou:

Jou lip was soet en sag:
meer as die eerste skame lag.
Dit was voor die deur met “ek hoop ek
sien jou weer”

Ons het drie maande geniet.
Dit was Augustus wat ontbied:
Die seerkry is steeds daar
met jou as mens kom ek nie klaar.

Na gistraand se sewe maand-daarna
Is jy steeds die een wat pla:
Ek probeer vergeet:
dit agter ‘n glimlag versteek.

Min mense weet ek skryf
Jy is tog mens: met die mooiste lyf.
Die Pinotage was te gou klaar.
Dit was soos ons:
Dou op ‘n blaar

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

<< Home