A lost-lovers birthday....
Dit kon ek nie...
As ek vanoggend vir jou rose kon laat aflewe, sou ek. Een vir elke jaar wat jy op hierdie aarde was. Met 'n kaartjie en nog 'n gediggie oor Ons... Vir ewig.
Dit kon ek nie...
As ek jou vanoggend kon bel. Net 'n stupid voice-mail los. Sou ek...
Maar ek kon nie...
As ek jou kon SMS. Jou net 'n dom elektroniese herhinnering stuur, om te onthou. EK dink aan jou. Sou ek...
Maar ek kon nie...
Nou aanvaar ek maar die vyfde beste opsie. 'n Boodskap op my blog. Sommiges sal dit lees en dink aan hoe dit moet voel. Ander sal dit lees, aanbeweeg en vergeet van seerkry. Ander sal lag en ander sal die moeite nie eens waag nie.
R, mag jou dag geseënd wees. Mag jy genade ervaar soos nog nooit tevore nie. Mag jou drome almal bewaar word - en waar word. Mag jy kry wat jou hartjie begeer. EN mag die man in jou lewe jou ongelooflik baie bederf het. Mag jy besef jy is 'n ongelooflike persoon. Mag jou dag vol sonskyn, liefde en hoop wees EN mag dit elke dag verdubbel.
Baie geluk met jou 31ste verjaarsdag.
"Op 'n sprinkasteel
bou ek 'n lugkasteel.
Ek wonder hoe dit sal wees:
EK wonder hoe jy my lees.
Want ek dink alweer:
Dink aan elkekeer
EK moet jou vergeet - ek weet
ek sweer ek probeer, maar ek kannie
vier-en-twintig uur
was genoeg vir jou
om alles in twee te vou
vier-en-twintig uur
en ek wonder by myself-
hoe lank gaan jy in my kop nog delf." - Klopjag